Media Uitreiking: Juan Casey Nuwe Single Vrygestel – Nagwind!

Juan Casey is gebore en getoë in Pretoria. Dit is in die Jakarandastad waar hy sy liefde vir musiek gevind het. Hy het homself vanaf 2015 toegespits op ‘n loopbaan as liedjieskrywer en sanger.

Hy het vir bykans vyftien aar musiek gemaak voor hy hierdie beroepsbesluit geneem het in die wonderlike Boland, waar hy en sy vrou
met hul twee pragtige kinders nou gevestig is.

In 2013 was Juan betrokke by n Nie-winsgewende organisasie in Pretoria waar hy die geleentheid gekry het om deel te wees van twee CD opnames.

Tans tree hy dwarsoor die Wes-Kaap op. Hy het onlangs vir Suid -Afrikaanse legendes soos Kurt Darren, Karlien Van Jaarsveld, Michael Lindt en Prime Circle by velerlei geleenthede die verhoë geopen. Sy musiek kan gereeld geniet word by wynplase soos Laborie, Stellenzicht, Alto en Neetlingshof om net ‘n paar te noem.

Juan het in Julie 2017 sy debuut-enkelsnit – Tweede Kans – vrygestel.

Met hierdie geleentheid stel Juan Casey aan U sy nuutste enkelsnit bekend – Nagwind.

Kort na hierdie vrystelling volg daar n musiekvideo waar oor Juan ook baie opgewonde is.

Hierdie lied vertel van liefde, nabyheid en intimiteit wat ervaar word wanneer twee geliefdes daardie ontwykende samesyn aangryp. Die gevoel van die wêreld wat wegsmelt of “verdwyn” wanneer die geluid van die “nagwind” deur die bome waai en geliefdes in mekaar se arms le.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *